Rassisme word voorgehou as ‘n kiem in ons samelewing, ‘n ding wat met hand en tand bestry moet word en uitgewis word ten alle koste. Mense bou politieke loopbane op die rassisme monster se rug. Loopbane wat nogal finansieel baie lonend is! Ek dink persoonlik dit is beduidend onproduktief om rassisme aan die groot klok te hang. Ek sal jou sê hoekom ek so dink. Dit is ‘n onoorwinbare gedagte wat se effekte deur dood normale beskaafde wetgewing in bedwang gehou word. Of jy nou ‘n rassis is aldan nie, as jy iemand vermoor, gaan jy van moord aangekla word. As jy iemand aanrand, gaan jy van aanranding aangekla word. Verstaan wat ek probeer sê? Om te dink jy gaan rassisme met rassisme berade, imbozos en indabas teenwerk is in my beskeie opinie heeltemal sinneloos maar dog verstaanbaar as mens dink aan die mense wat geld maak deur sulke goed. Volgende keer as iemand rassisme aan die groot klok hang, staan bietjie stil en dink vir ‘n wyle aan wie die persoon is, waar sy inkomste vandaan kom en of dit nie moontlik vir die persoon finansieel winsgewend is om seker te maak rassisme bly in die kollig nie.
Los die opdringerigheid
Dit verstom my soms hoe opdringerig sommige mense is. Hoekom wil jy jouself aan iemand wat jy weet nie van jou hou (vir watter rede ook al) opdring? Ons land gaan sovêr as om wetgewing te maak wat mense onder sekere omstandighede aan mekaar opdring veral in die besigheids konteks. Dit is alles behalwe konstruktief tot nasiebou en belemmer die ekonomie. Onthou, rassiste betaal ook belasting. Hoekom wil jy sy onderneming vorseer om mense in diens te neem wat hy nie mee kan of wil assosieer nie? Dit mag dalk mense aanspoor om eerder heel belangrike dienste-ondernemings of produksie-ondernemings klein te hou om nie blootgestel te word aan sulke opdringerige vereistes nie. Dit sal baie slimmer wees van die regering om daardie einste rassis se belasting inkomste aan te wend vir opleiding en opvoeding van agtergeblewenes.
Genoeg plek vir wit en swart rassiste om in vrede met mekaar saam te leef
Soos ek vroeër genoem het is rassisme ‘n gedagte of oortuiging in die kop. Of iemand stilswyend of uitgesproke ‘n rassis is, die idee is in sy of haar kop. Ons samelewing het al die middele tot sy beskiking om die land deelbaar te maak vir al sy mense, wit, pienk, geel en swart. Rassis of nie, almal kan saamleef as ons almal net leer om mekaar uit te los en met rus te laat. Die resep is eenvoudig, moet jouself nie opdring aan mense nie. Kwotas en sulke goed is niks anders as die slegste vorme van sosiale inginieurswese nie. Dit beroof mense wat op meriete ‘n plek in die samelewing verdien die geleentheid om te kom waar hulle hoort en plaas ‘n demper op die drome van mense.
Vroëer die week het die Suid-Afrikaanse nuus kanaal E-News ‘n onderhoud opgeneem met Andre Visagie, die sekretaris generaal van die AWB (Afrikaner Weerstands Beweging). Die organisasie is bekend vir hulle ver regse politiese sienings. Toe Andre Visagie ongelukkig begin raak met die trand van die onderhoud het hy sy lapel mikrofoon verwyder en begin uitloop uit die E-News studio. Gemoedere het hoog geloop toe Visagie in ‘n onderonsie met een van die E-News program aanbieders betrokke geraak het en vir hom gevra het om nie aan te raak nie. Visagie het sy lyfwag geroep om hom te help. Hulle het toe vinnig die perseel verlaat.
Hier is die video snit van die voorval wat later op E-News uitgesaai is en wat rondtes gedoen het op die Internet gister. Die snit is al meer as 110,000 keer gespeel op YouTube sedert dit die 7de April 2010 opgelaai is:
Dis asof die aanbieder van E-News Visagie uitgelok het en hom ook in die rede geval het toe hy probeer het om sy sienings te verduidelik. Sy het hom nie ‘n kans gegee nie (in my opinie). Ek stem nie saam met die AWB en Mnr Visagie se sienings nie maar elke persoon het die reg tot vryheid van spraak in Suid-Afrika (waarvoor voorsiening gemaak word in die Suid-Afrikaanse grondwet) en ek wil nie ‘n land bly waar vryheid van spraak en pers belemmer word deur enigiemand nie (al stem ek nie altyd saam met die sienings en standpunte wat deur mense wat daai regte beoefen gemaak word nie). Elke burger van hierdie land is geregtig op sy mening of mens nou saam met dit stem of nie. Ek is seker dat iemand soos Julius Malema ook die studio sal verlaat as hy nie ‘n kans gegin word om sy mening te lig in so ‘n onderhoud nie. Die Media moet alle opinies van die mense van ons mooi land in ag neem. Ek dink E-News kon baie meer onpartydig opgetree het.
Intussen het #donttouchmeonmystudio (wat verwys na die “Don’t Touch Me On My Studio” frase wat gebruik is in die fiasko) ‘n baie gewilde onderwerp geword op die mikro blog diens Twitter. Dis goed om te sien hoe mense hulle reg tot vryheid van spraak gebruik en hulle menings lig oor hierdie insident. Al hoe meer mense in Suid-Afrika gebruik die internet (veral Twitter om hulle menings te lig oor onderwerpe in die media in die land.
Die volgende artikel is gepupliseer op ‘n paar blogs gister. Zoem ondersteun hierdie veldtog:
Julius Malema has exploded into political… prominence… by making himself hard to ignore. Inheriting a platform that drew attention to the accidental outrages he tripped into, he quickly learned to stoke outrage and roar back at any responses he provoked. For the media, trying to gauge the state of the nation’s health from moment to moment, this makes him a much more attractive candidate than the business-as-usual official announcements of the ruling party proper. But Malema’s sound and fury signify nothing, and his disproportionate voice in South Africa’s public conversation is only hurting our ability to speak to one another, and to speak sense when we do. We think it’s time to ignore Julius, and invite you to join us.
For the week of 7-14 April 2010, we undertake to talk about this country, its challenges, its promise, its news, and to ignore Julius while doing so. Join us in this initiative. If you blog, join the roll. If you Tweet, add the hashtag #ignoreJulius to your daily output.
However you communicate, take a week off from Julius.
Vandag is die 1ste April 2010. Dis die eerste dag wat Zoem aktief is op die internet maar dis ook “April Fool’s Day” in meeste van die Westerse lande op die aardbol. Ek is seker die stoutgatte daar buite sal natuurlik van die tyd gebruik maak om poetse op hulle kollegas by die werk te bak. Webwerwe, radio stasies, televisie stasies en koerante sal ook van die dag gebruik maak om mense uit te vang. Wat is die Afrikaanse benaming vir “April Fool’s Day” anyway? Weet enigiemand? Ek het een keer ‘n Afrikaanse benaming daarvoor gehoor op die Afrikaanse nuus op SABC 2 maar ek het bietjie vergeet. Afrikaans is my taal maar ek is een van daai Afrikaans sprekendes wat daarvan hou om sy taal te meng. Ek het ook nie ‘n taal graad agter my naam nie, “so bear with me”.
Hierdie artikel bevat 5 van die beste “April Fool’s Day” poetse wat mense al gebak het (in hierdie blogger se opinie):
Op die 1ste April 1986 het die Franse publikasie die Parisien die Franse publiek ontstig toe hulle gerapporteer het dat die Eiffel Toring in Parys ge-onttakel gaan word en dat dit verskuif gaan word na die nuwe Euro Disney pret park in die Ooste van die stad. Hulle het ook rapporteer dat ‘n 35,000 sitplek stadium in die spasie wat die toring gaan laat gebou gaan word vir die 1992 Olimpiese spele.
Op die 1ste April 1974 in Sitka, Alaska was die dorp se inwoners baie bekommerd toe hulle swart rook sien borrel uit ‘n lang-dormante vulkaan naby die dorp. Mense het uit hulle huise gestroom, bang dat die vulkaan gaan uitbars. Gelukkig was hierdie ‘n vals alarm. Een van die dorp se grapgatte, Porky Bickar, het ou bande in die vulkaan se krater ingegooi en aan die brand gesteek. 6 jaar later het Mount St Helens uitgebars in Alaska en een van die dorp se inwoners het toe vir Bickar geskryf en vir hom gesê “Jy het te ver gegaan die keer!”
Op 1 April 1987 het ‘n Los Angeles platejoggie aangekondig dat die hele Los Angeles hoofweg stelsel toegemaak gaan word vir herstelwerk vir ‘n maand op die 8ste April van daai jaar. Die radiostasie waarvoor die platejoggie gewerk het baie vinnig oproepe gekry van bekommerde Los Angeles inwoners. Die Kaliforniese Hoofweg patrollie het ook verskriklik baie oproepe oor hierdie aankondiging gekry. Die radiostasie het later erken dat hulle nie gedink het dat die reaksie so intens van die publiek af sou wees nie. ‘n Verteenwoordiger van die Kaliforniese Hoofweg patrollie het die radiostasie se bestuur geskakel om hulle misnoë met hierdie aankondiging te deel. Hulle het nie gedink dis snaaks nie.
Op 1 April 1988 het ‘n Sowjet koerant, Izvestia, gerapporteer dat die wêreld bekende Argentynse sokker speler Diego Maradona in samesprekings betrokke was om by die Moskou Spartaks sokker span aan te sluit. Die Spartaks was volgens die artikel bereid om hom $6 miljoen te betaal om vir hulle te speel. Die Associated Press het die artikel publiseer en moes dit terugtrek toe hulle uitvind dis ‘n grap. Hulle het dit geglo omdat dit die eerste keer was wat ‘n Sowjet koerant ‘n “April Fool’s Day” grap gepubliseer het. Hierdie tentoonstelling van humor is toegeskryf aan Mikhail Gorbachev’s se beleid van “Glasnost” (oopheid).
Op 1 April 1962 het die Sweedse nasionale televisie diens ‘n 5 minute spesiale program uitgesaai wat vir kykers verduidelik het hoe om ‘n kleur TV te kry met ‘n nylon sykous. ’n Redelike diep beskrywing oor die wetenskap agter die konsep was ook deel van die program.
Daarsy, 5 van die beste “April Fool’s Day” poetse in my opinie. Besoek ons gereeld vir nog interessante ditjies en datjies in die toekoms.
Terugvoer